Tegnologie wat beskryf word as een van die landboubedryf se grootste deurbrake in dekades se na-oes-winste toon opbrengste van tot soveel as 75%. Dié proses, EL-I tech™, waarin een soort, mikro-organisme deur simbiose met ʼn ander saamwerk om dit van kos te voorsien, is die geesteskind van Gerhard Vermaak, besturende direkteur van die Randburgse maatskappy CustomChemistry.

Met meer as 3 000 ha se proewe oor nat en droë jare agter die rug, sê die maatskappy syfers toon dié praktiese toepassing van biochemie op groot skaal is van die beste nuus wat saaiboere in die landboubedryf in dekades gekry het. Die opbrengs op mielies is 75% meer, op sonneblom is dit 54% meer en op sitrus 35%. Custom Chemistry se EL-I tech™ is baanbreker tegnologie. Daardeur word die krag van ʼn unieke, nuwe kombinasie van mikrobiese simbiose ontsluit vir die vorming van stikstof.
Noodsaaklike voedingstowwe soos kalium en fosfor vir plante word ook ontsluit.


Vermaak sê die beskikbaarheid van voedingstowwe word op ʼn natuurlike wyse bevorder en
verminder gewasse se afhanklikheid van chemiese bemestingstowwe. Die landbou- en tuinboubedryf streef altyd na meer volhoubare stikstofbronne.
“EL-I tech™ is ʼn volhoubare alternatief wat chemiese kunsmis óf heeltemal kan vervang, óf op ʼn
kragtige manier aanvul,” sê Vermaak. Die merkwaardige voordele daarvan sluit in dramaties verhoogde opbrengste, verlaagde insetkoste en groter wins. Deur die beskikbaarheid van voedingstowwe op natuurlike wyse te bevorder en die afhanklikheid van chemiese bemestingstowwe te verminder, bewerk EL-I tech™ ʼn omwenteling in volhoubaarheid en dra dit by tot ʼn gesonder ekosisteem, sê Vermaak.
Vier proewe is in die 2022-’23- somerplantseisoen op drie droëland-mielieplase in verskeie
Suid-Afrikaanse provinsies uitgevoer met ʼn gemiddelde wins van 75% wat behaal is. Twee
proewe is op droëland-sonneblomplase in Noordwes gedoen, en ʼn gemiddelde winsopbrengs
van 54% is behaal. Op ʼn boord van sesjaaroue sitrusbome, in vergelyking met bome wat slegs op die
standaard manier behandel is, is ʼn 35%-styging in gemiddelde lewering per boom aangeteken. ʼn Afsonderlike steekproef wat op twee Nadorcott-bome gedoen is, het stygings van onderskeidelik 37,4% en 38% per boom per jaar getoon. Aartappels het in ʼn agt weke lange ontleding ʼn beduidende styging van 13,2% per ha getoon by plante wat met die EL-I tech™-metode, drupbesproeiing en standaardboerderymetodes behandel is in vergelyking met plante waar ander praktyke gevolg is.
Vermaak sê hulle het in die eksperimentele fase al geglo in El-I tech™ en kleinskaalse resultate
was bemoedigend.
“Toe ons dit prakties op plase toepas, onder werklike weerstoestande en op groot skaal op ʼn
verskeidenheid gewasse, het die uitslae ons asems weggeslaan.”
Vermaak werk reeds die afgelope dekade met die praktiese toepassing van mikro-organismes.
Hy pas goeie biologiese en biochemiese beginsels toe om praktiese mikrobiologiese metodes
vir afvalbestuur, skoonmaak en higiëne asook die landbou te ontwikkel.
Sommige van die produkte wat hy ontwikkel het sluit in reekse vir bio-herstel-, skoonmaak- en
biologiese grondmiddels.

Source : Maroela Media